30 Junie 2021
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het bekend gemaak dat 401 kinders – onder die ouderdom van 19-jaar – tussen Maart 2020 en Mei 2021 amptelik aan Covid-19 verwante oorsake oorlede is.
NIOS sê daar is byna 10 000 kinders in dié periode in hospitale opgeneem terwyl amptelike hospitaalrekords die aantal op 9 443 stel.
Net oor die 36% van dié kinders was tussen vyftien en negentien jaar oud terwyl 31,2% onder een jaar oud was.
Die meeste van dié kinders het onderliggende siektetoestande onder lede gehad.
- Die berig is aangepas sedert dit geplaas is.