22 Desember 2021
Massmart, die eienaar van Game en Makro, het bekend gemaak dat hy 15 van sy 114 Game-winkels gaan verkoop om kop bo water te probeer hou in Suid-Afrika.
Die groep sê die onluste wat die land in Julie tot in sy fondamente geskud het, het die reeds-sukkelende maatskappy se winste net verder geknou.
Massmart – wie se moedermaatskappy in die Verenigde State van Amerika is – sê die plundery het 43 van sy Game- en Makro-winkels direk benadeel. Die finansiële skade wat deur die plunderaars veroorsaak is, beloop R2,5 miljard. R650 miljoen van dié bedrag sal nie deur versekering herwin kan word nie.
Massmart het na raming 20 persent van sy jaarlikse inkomste verloor.
Fotokrediet: htxt.co.za