Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

“Net ʼn kwessie van tyd voordat ANC as regering vervang word,” meen VF Plus

30 Maart 2022

Die mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa in die parlement, is uitgestel.

Dit is een van twee mosies wat vandag in die Nasionale Vergadering gedebatteer sou word. 

Die party wat die mosie gebring het – die ATM – het gevra dat die mosie later in die vergadering sal dien aangesien hulle ‘n hofgeding oor ‘n geheime stemming beplan.

Nadat die onderskeie partye redes vir óf teen die aanhoor van die mosie aangevoer het, het die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die saak na die programkomitee terug verwys en sê daar sal Donderdag waarskynlik uitsluitsel daaroor gegee word. Die tweede mosie – wat handel oor die bevoegdheid van die kabinet – word nog gedebatteer.

Intussen sê die VF Plus dat ‘n mosie van wantroue teen die kabinet sal nouliks slaag omdat mense nie teen hul eie onbevoegdheid sal stem nie. Tog is dit net ’n kwessie van tyd voordat die ANC as regering vervang word. Insluitend die kabinet.

Die ANC herinner aan ’n seerowerskip met ’n groot bemanning en genoeg ruimte om die geplunderde ware te berg.

Die VF Plus-LP en hoofsweep, dr. Corné Mulder sê die rede vir hierdie groot bemanning kan gesien word in die ANC se nasionale konferensie (Nasrec) in 2017 toe duidelik geblyk het hoe die ANC se top-ses in twee gelyke kampe verdeel is.

“Net so met die opgeblase kabinet waar die ANC ’n balans moes vind om al die onderskeie faksies in die party te akkommodeer. Van die SAKP, Cosatu, die vroueliga, militêre veterane en die jeug tot die Radikale Ekonomiese Transformasie (RET)-faksie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende