15 November 2023
Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê luidens mediaberigte het meer as 70% van die polisie se spesiale taakmaglede in KwaZulu-Natal die diens binne ʼn kort tydperk verlaat en net vyftien van die eenheid se 53 lede het oorgebly.
Groenewald sê dit laat ernstige vrae ontstaan oor die bestuur van die polisiediens wat die rooi ligte laat flikker en dat geen polisiediens behoorlik sonder spesialiseenhede kan funksioneer nie.
Hy sê die redes wat die lede se vakbond, Sapu aanvoer -naamlik swak betaling, ʼn onbillike bevorderingsbeleid, wanbestuur en die verwaarlosing van die eenheid – is alles redes wat hy al herhaaldelik in die parlement se portefeuljekomitee vir polisie geopper het.
Hy vra dat die polisiebestuur onmiddellik moet optree met ʼn duidelike plan om hierdie spesialis-lede vir die diens te behou om hul kundigheid en ervaring nie verlore te laat gaan in die stryd teen misdaad nie.