19 Augustus 2024
AfriForum het amptelike kennisgewing ontvang van die Nasionale Engergiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se besluit om hul nou tot die Hoogste Hof van Appèl te wend in die saak rakende die reguleerder se implementering van kragtariefverhogings aan minstens 100 munisipaliteite.
AfriForum se bestuurder oor plaaslikeregeringsake, Morné Mostert sê luidens die kennisgewing wil NERSA appelleer teen die uitspraak wat in Junie in die Gautengse hooggeregshof gelewer is, en waarop aansoek om verlof tot appèl op 19 Augustus van die hand gewys is.
Mostert sê die hof het in AfriForum se guns beslis in sy saak teen die energiereguleerder. Hy sê die hof het bevind dat NERSA se mislukking om kragtariefverhogings sonder die vereiste kostestudies te oorweeg, onregmatig én ongeldig is.
Hy sê die reguleerder het meer as een en ’n half jaar kans gehad om die metodiek rakende kostestudies te implementeer.
Mostert meen Nersa moet nou gehoor gee aan die wet en die howe.