13 Junie 2022
Op dieselfde dag wat die Kouga munisipaliteit begin om beurtwater in te stel, het dit aan die lig gekom dat die munisipaliteit van die Nelson Mandelabaai-metroraad – teoreties – dag-zero bereik het.
Dit volg nadat die Impofu-dam se vlak te laag gedaal het om water daaruit te onttrek.
Die Impofu-dam – wat naby Humansdorp in die Oos-Kaap geleë is – kan gevolglik nie meer inwoners van Port Elizabeth van water voorsien nie.
‘n Tydelike oplossing is om water Van die Loeriedam te herlei, maar dié dam is net 44% vol – wat genoeg water is om vir 37 dae aan die metroraad se behoeftes te voldoen.
Water kan ook van die Groendaldam – wat 22% vol is herlei word, wat genoeg is om vir ongeveer vyf maande uitkoms te bied.