6 April 2023
Dit wil vookom asof die dodetal ná ‘n mislukte transitorooftog vanoggend in Sebokeng in Vanderbijlpark na nege gestyg het.
‘n Skietery het vroeg vanoggend tussen die vermeende transitorowers het die polisie uitgebreek. Nog verdagtes is beseer en na ‘n nabye hospitaal geneem. Die minister van polisie, Bheki Cele het ook reeds die toneel besoek.
Volgens hom is die polisie ingelig van ‘n huis in Sebokeng waar verdagtes glo besig was om voor te berei vir ‘n transitorooftog.
Hy sê minstens ses vuurwapens, waarvan twee AK-47s is op die toneel gevind en deur die polisie in beslag geneem.