Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Nege familielede dood na lugaanval in Kaboel

30 Augustus 2021

Nege lede van een familie, onder wie ses kinders, is dood toe Amerika ‘n vuurpylaanval in Afghanistan afgeweer het.

Die Amerikaanse weermag het na bewering ‘n hommeltuig gebruik om ‘n lugaanval uit te voer op ‘n voertuig wat op pad was na die Kaboel-lughawe met ‘n groot hoeveelheid plofstof.

Die Amerikaanse sentrale kommando sê die persoon was glo ‘n ISIS-K selfdoodbomaanvaller. Die persoon was volgens die weermag in ‘n woongebied van Kaboel toe dit getref is. Die ontploffings weens die plofstof het na bewering tot die gesin van nege se dood gelei.

Die jongste slagoffer was twee jaar oud. Inwoners van die woongebied sê hulle het probeer om die vuur te blus met water, maar dat van die mense reeds dood was.

Die chaos in Kaboel heers reeds die afgelope paar weke nadat die Amerikaanse weermag sy troepe uit Afghanistan onttrek het en die Taliban oorgeneem het.

https://twitter.com/Kamlesh_ojha1/status/1432277071493931008

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende