31 Oktober 2022
Die matriekeindeksamen het vandag amptelik vir alle matriekleerlinge begin.
Dié groep het vanoggend Engels se eerste vraestel geskryf.
Die minister van onderwys, Angie Motshekga het vanoggend tydens ‘n oorsigbesoek aan die Nellmapius Sekondêre Skool alle matriekulante sterkte toegewens vir die eksamen.
Sy het ook die kwessie van beurtkrag bespreek. Sy meen beurtkrag behoort nie ‘n groot ontwrigting te veroorsaak nie omdat vraestelle in die dag afgelê word. Volgens Motshekga moet die matrieks rus wanneer daar beurtkrag is en weer verder studeer sodra die krag aankom.
Sy sê vanjaar se matriekgroep het weens die Covid 19-pandemie in 2020 bykans 60-persent van hulle onderrig tyd verloor.
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi was saam met die minister by die skool. Hy het die leerlinge geluk gewens dat hulle steeds in die skool is, aangesien soveel leerlinge nié hulle skoolloopbane voltooi nie.