15 November 2023
Twee maatskappye waarsku dat advertensies oor spotgoedkoop kaartjies vir verblyf by Sun City en vliegkaartjies vir FlySafair-vlugte nié waar is nie.
In die sogenaamde advertensies word onbeperkte vlugte met FlySafair vir ‘n tydperk van ses maande vir slegs R15 verkoop. Verblyf by enige hotel in Sun City sal R25 per aand kos.
Die maatskappye, Sun International en FlySafair het hulle egter gedistansieer van dié advertensies.
Luidens die plasing op Facebook is die spesiale aanbieding ter viering van Sun City se 50ste of 55ste bestaansjaar en sal slegs die eerste 2-honderd mense vir die goedkoop kaartjies in aanmerking kan kom.
Die plasing moedig mense aan om ‘n webskakel te volg vir dié sogenaamde aanbieding. Ook FlySafair het gewaarsku en gevra dat die fop-plasings aangemeld moet word.
Please be aware that there are fake posts regarding sales and career opportunities circulating on social media falsely claiming to be from FlySafair.
— FlySafair (@FlySafair) November 14, 2023
Please remember to only trust information and updates from our OFFICIAL FlySafair verified pages. pic.twitter.com/YuPmyKZ22j