Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Nat paaie lei tot talle ongelukke in Gauteng

30 April 2021

‘n Beroep word opnuut op motoriste gedoen om hul spoed te verminder en om by die padreëls te hou met aanhoudende reën, wat sedert gisteraand in groot dele van Gauteng voorkom.

Omstreeks 7 uur vanoggend was daar ‘n opeenhoping van ongelukke op die N14.

Volgens ‘n verklaring deur ER24 het ‘n Ford Fiesta op die N14 in ‘n metaal-versperring vasgery en op die middelman tot stilstand gekom. Die nooddienste sê dat ‘n insleep-voertuig kort daarna op die toneel aangekom het, waarna ‘n bakkie die insleep-voertuig aan die kant van die pad getref het.

Foto: ER 24.

‘n Bestuurder van ‘n Volkswagen het in dieselfde tyd na bewering beheer oor sy motor verloor en gerol. Volgens ER24 het dié motor byna sy ambulans getref, wat op die toneel was.

‘n BMW het ook die versperring getref en in die stadige baan tot stilstand gekom. Ongeveer vyf voertuie was in die ongeluk betrokke.

ER24 sê ondanks die talle betrokke voertuie het slegs twee mense, een van die insleep-voertuig en ‘n ander een van die bakkie, ligte beserings opgedoen.

Intussen het ‘n vragmotorbotsing op die N1 naby die Lynnwood-uitgang in Pretoria ook ‘n opeenhoping veroorsaak.

Volgens die Emer-G-med nooddienste is talle mense beseer.

Dié nooddienste moes ook vanoggend in Johannesburg by die Gilooly’s-kruising reageer op ‘n ongeluk waarin een persoon beseer is. Volgens Emer-G-med het die bakkie ‘n paar keer gerol.

Foto: Twitter

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled-design-5

Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is

Tshwane-House-1-1

Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen

TRANS-SKELMS

Voormalige Transnet-hoofde op borgtog van R50 000 elk vrygelaat

pjimage-2022-05-16T130201.620

Man met 16 slange op lughawe voorgekeer – die derde soortgelyke voorval dié maand

WhatsApp Image 2025-06-29 at 15.35.07_9dcc5b35

PTA Krag: Instandhoudingsprojek van beplande vier ure word toe 12 ure

Ander Nuus Artikels

Drank
Onwettige alkoholmark in SA al meer as R25-miljard werd
Untitled design
Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane
Kleinfontein
“Berigte dat die Tshwane-metro dit oorweeg om Kleinfontein te sloop, is onwaar”
Untitled-design-5
Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is
Tshwane-House-1-1
Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende