19 April 2022
President Cyril Ramaphosa het weer ‘n nasionale ramptoestand afgekondig – dié keer weens wydverspreide vloede wat die afgelope ruk in die land voorkom.
Hy het tydens sy toespraak – wat skuins ná nege gisteraand uitgesaai is – gesê dat die invloed van die swaar reën oor die hele land gevoel sal word.
Verskeie brûe en paaie het weggespoel terwyl water-en-elektrisiteitsinfrastruktuur ook vernietig is.
Ramaphosa sê die kabinet het tydens ‘n spesiale sitting op dié stap besluit om meer hulpbronne beskikbaar te maak om die skade te herstel.
Die dodetal in KwaZulu-Natal het intussen tot 443 gestyg met meer as 60 mense wat steeds vermis word.