Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

“Nasionale ramptoestand geld omdat nié net KZN deur vloede geraak word nie”

19 April 2022

‘n Nasionale ramptoestand is afgekondig ná die vloede in KwaZulu-Natal omdat dit nié net dié provinsie is wat geraak word nie. 

Dit volgens die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat vanoggend ‘n mediakonferensie gehou het nadat meer as 430 mense oorlede is weens die afgelope week se weerstoestande en vloede in KZN.

Meer as 40 000 mense is dakloos gelaat. Sy sê die nasionale ramptoestand laat beter koördinering toe vir die land, regering en internasionale organisasies om bydraes te lewer en om ondersteuning aan te bied. “Die rampbestuurswet maak daarvoor voorsiening dat ‘n nasionale ramptoestand vir drie maande mag voortduur. Daarna sal besluit word of dit verleng moet word.”

LEES OOK: NASIONALE RAMPTOESTAND IN KZN AFGEKONDIG

Volgens Dlamini-Zuma kan hierdie vloede as een van die ergste natuurrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskou word. Sy sê tussen 11- en 12 April het daar tussen 200 mm en 400 mm se reën in dele van die provinsie geval.

“Dit is ‘n aanduiding van die uitwerking wat klimaatsverandering op die wêreld het. In Februarie, wat KZN se natste maand is, reën dit gewoonlik 120 mm – en dít in die hele maand,” het Dlamini-Zuma verduidelik.

Intussen het die hoof van die nasionale rampbestuursentrum, dr. Mmaphaka Tau gesê dat die operasionele sentrum, wat aan die begin van die Covid-19-pandemie gestig is ook nou versterk om die vloede en die uitwerking daarvan te bestuur. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende