Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Nasionale Gesondheidsversekering: Eerder hofnar as ridder

Nuuskommentaar: 5 Desember 2022

Deur: Chanté Kelder

Die inligtingsbrosjure oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) op die regering se webblad laat hierdie plan vir gesentraliseerde gesondheidsorg na iets uit ’n utopiese wêreld klink. Volgens hierdie brosjure gaan NGV oor ubuntu “ons almal sorg vir mekaar as ’n nasie in tye van nood” en dat dit “hoë gehalte gesondheidsorg aan almal” sal kan bied. Dit klink byna of die regering met hierdie fantastiese plan die nasie te hulp gaan snel soos ’n wafferse ridder op ’n wit perd – behalwe dat dit eintlik ’n houtperd is en onder die helm kruip die hofnar toe al die tyd weg.

Teenstaanders en kritici van NGV word gewoonlik uitgekryt as elitistiese kapitaliste wat die beste sorg vir hulself wil hou terwyl mense wat nie mediesefondse kan bekostig nie tevrede moet wees met gesondheidsorg wat veel te wense laat. Die inligtingsbrosjure laat dit klink asof mense neusoptrekkerig is oor die idee dat hulle “in rye moet wag om in ’n vuil staatshospitaal gesien te word” terwyl die eintlike bekommernisse en vrae gewoon nie in die brosjure se twee bladsye beantwoord kan word nie.  Die filantroop binne my wil die beloftes glo dat staatshospitale wesenlik opgegradeer sal word om nie net op die oog af op dieselfde standaard as privaathospitale te wees nie maar dat die gehalte gesondheidsorg ook op dieselfde standaard gaan wees sodat alle Suid-Afrikaners daarby kan baat. Die realiteit is egter dat dit nie uitvoerbaar is nie – veral nie in Suid-Afrika nie.

Die ANC-regering se baanrekord met gesentraliseerde dienste behoort die vertrekpunt te wees wanneer ondersoek na nóg ’n gesentraliseerde diens ingestel word. Dit is wensdenkery om oortuig te wees dat die ANC, wat nie eens entiteite soos Eskom, Denel en SAL aan die gang kon hou nie, nou skielik in staat gaan wees om ’n gesondheidsdiens van miljarde rande effektief te kan bestuur. Die blote feit dat daar tot op hede nog nie duidelikheid is oor watter dienste presies deur NGV gedek gaan word en watter nog deur privaat mediesefondse betaal gaan word nie gee reeds ’n aanduiding oor die chaos wat Suid-Afrikaners te wagte gaan wees indien hierdie wetgewing deurgedruk word.

Daarbenewens stem die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla en die hoof van die NGV, Nicholas Crisp, se oggend en aand praatjies glad nie ooreen nie. Volgens Phaahla is die bewerings dat belasting verhoog gaan word om NGV te finansier “ongegrond” – hoewel daar van persone wat ’n inkomste verdien “verwag word om ’n bydra te lewer”. Crisp het nou weer ’n ander deuntjie gesing en tydens ’n voorlegging gesê dat addisionele belasting later sal nodig wees om NGV te befonds hetsy dit deur verhoogde BTW of algemene belasting gaan wees.

Die olifant in die vertrek is egter die regerende party se voorliefde vir kaderontplooiing en hul korrupte neigings wat te gereeld kop uitsteek. Grootskaalse wanbesteding van fondse tydens die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie behoort ook die gevaarligte te laat flikker. As fondse wat vir gesondheidsdienste aangewend moes word tydens een van die grootste krisisse wat ons in baie jare moes deurmaak eerder gebruik is vir uitermatige bemarkingsveldtogte en om buitensporige bedrae te betaal vir die ontsmetting van skole dan moet ons onsself begin staaf vir wat vir ons wag wanneer NGV die groen lig kry.

Intussen is dit ’n geskarrel om die wetgewing wat NGV moontlik gaan maak op alle vlakke deurgedruk te kry. AfriForum het op 1 Desember 2022 ’n brief aan President Cyril Ramaphosa gestuur om hom op terme te plaas oor hierdie wetgewing en die organisasie voer aan dat NGV oor die langtermyn onbekostigbaar gaan wees maar dat dit natuurlik ook vatbaar sal wees vir wanbestuur en korrupsie wat so kenmerkend van die regerende party is. Die proses om hierdie wetgewing by die Nasionale Vergadering en die Raad van Provinsies deurgevoer te kry sal na verwagting in 2023 hervat word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende