Nasionale gesondheidsdepartement oorweeg regstappe na tienling-bewerings


Luister nou

Volgende

Nasionale gesondheidsdepartement oorweeg regstappe na tienling-bewerings

28 Oktober 2021

Die nasionale departement van gesondheid het ook nou gereageer na bewerings wat die Independent Media-groep gister teen verskeie hospitale en ook dié departement gemaak het met betrekking tot die sogenaamde Tembisa-tien. 

LEES OOK: VERSLAG: “TEMBISA-TIENLING IS ONTVOER AS DEEL VAN DIE ONWETTIGE HANDEL IN BABAS”

Volgens dié groep se voorsitter, dr. Iqbal Survé het die ma, Gosiame Sithole (37) wel geboorte geskenk aan die tienling, maar twee van die babas is dood. Hy meen die babas is weens mediese-nalatigheid dood. Hy het ook die departement daarvan beskuldig dat hulle betrokke is by ‘n sogenaamde sindikaat wat betrokke is by die handel in babas. 

Die groep beweer dat die gesondheidsdepartement probeer om die sindikaat toe te smeer.

LEES OOK: REGSAKSIE BEGIN TEEN REDAKTEUR OOR “TIENLING”

Die departement van gesondheid se woordvoerder, Foster Mohale sê hulle sal nou saam met die Gautengse departement van gesondheid met regstappe begin.

“Ons daag enige persoon uit, wat dink dat hulle enitge bewyse het om na vore te tree.” Intussen het die Netcare- en Lenmed-hospitaalgroep ook bewerings ontken dat Sithole in enige van hulle hospitale behandel is.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Nasionale gesondheidsdepartement oorweeg regstappe na tienling-bewerings


Luister nou

Volgende