17 Mei 2023
Namibië se hooggeregshof het beslis dat die Namibiese regering huwelike moet erken tussen selfdegeslag-paartjies, wat getroud is in lande waar dit wettig was vir hulle om dit te doen.
Dít ondanks die feit dat selfdegeslaghuwelike steeds onwettig in Namibië is.
Die uitspraak volg ná die Namibiese regering geweier het om die eggenote van Namibiese burgers, wat wettiglik in ander lande met persone van dieselfde geslag getrou het, Namibiese burgerskap te gee.
In ‘n hofbeslissing verlede jaar, het die hooggeregshof geweier om dié huwelike as wettig te beskou. Twee Namibiese burgers het die hof genader nadat hulle met persone van dieselfde geslag in ander lande getrou het, maar die eggenote kon nie Namibiese burgerskap kry nie.
Homoseksualiteit is ingevolge die Wet op sodomie van 1927 steeds onwettig in Namibië.
Foto: The Leaflet
