Naledi Pandor verdedig terugroep van diplomate uit Israel


Luister nou

Volgende

Naledi Pandor verdedig terugroep van diplomate uit Israel

7 November 2023

Die minister van internasionale betrekkinge Naledi Pandor sê dit is standaard praktyk vir ‘n land om sy diplomate te onttrek uit ‘n gebied, in gevalle waar hy bekommerd is oor ‘n oorlogsituasie.

Pandor het gereageer op die aankondiging gister dat die kabinet besluit het om Suid-Afrika se oorblywende diplomate uit Tel Aviv in Israel te onttrek. Sy sê die regering is bekommerd oor die duisende inwoners van die Gasastrook wat reeds dood is in Israeliese aanvalle op die gebied.

Sy het ook gesê sy sal binnekort vergader met Israel se ambassadeur na Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, oor sy uitsprake.

LEES OOK: SUID-AFRIKAANSE DIPLOMATE UIT ISRAEL ONTTREK

Pandor sê hy moenie enige uitsprake maak oor die Suid-Afrikaanse regering, sonder om eers met hulle in gesprek te tree nie. Die kabinet het aanbeveel dat daar streng teen hom opgetree word.

Intussen het die VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald in reaksie gesê dat die regering se besluit ‘n rookskerm is om alle diplomatieke bande met Israel te verbreek. Hy sê dit sal nadelige gevolge vir die land inhou, met sterk sake- en ekonomiese bande wat ook moontlik verbreek sal word.

Ook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, professor Karen Milner, sê die besluit is in stryd met alles wat die regering aanvoer hy voor staan, soos dat hy albei kante van die konflik in ag neem.

Milner het ‘n vergadering met president Cyril Ramaphosa versoek om duidelikheid te verkry oor presies waarom die kabinet reken Belotserkovsky se posisie is “onhoudbaar”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Naledi Pandor verdedig terugroep van diplomate uit Israel


Luister nou

Volgende