Nagenoeg 1 600 mense in KZN met onwettige vuurwapens vermoor


Luister nou

Volgende

Nagenoeg 1 600 mense in KZN met onwettige vuurwapens vermoor

14 Augutus 2024

Meer as 1 640 mense is in die afgelope jaar in KwaZulu-Natal vermoor, deur verdagtes met onwettige vuurwapens.

Die provinsie se premier, Thami Ntuli het in die provinsiale wetgewer gesê dat KwaZulu-Natal steeds lam gelê word deur misdaad, wat daartoe lei dat besighede nie wil belê in die provinsie nie. Volgens hom voel inwoners onveilig in die provinsie.

Hy sê die hoë vlakke van misdaad het sy besluit beïnvloed om die departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling by die premier se kantoor in te sluit, en dat dit dus vir hom die geleentheid sal bied om meer direk betrokke te wees by die bestryding van misdaad.

Ntuli sê meer polisiebeamptes moet by brandpunte ontplooi word, en dat daar beter beheer moet wees oor onwettige vuurwapens.

Volgens hom is daar ook ‘n kommerwekkende toename in mensehandel, dwelmsmokkelery, die verspreiding van nagemaakte goedere, en terreur-verwante aktiwiteite. Hy sê baie van die misdade vind deur die povinsie se hawens plaas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Nagenoeg 1 600 mense in KZN met onwettige vuurwapens vermoor


Luister nou

Volgende