Naamsverandering van William Nicol het “slegs R250 000” gekos


Luister nou

Volgende

Naamsverandering van William Nicol het “slegs R250 000” gekos

27 September 2023

Die stadsbestuurder van die Johannesburg-metro Floyd Brink, sê slegs R250 000 is bestee om William Nicol-rylaan in Sandton na Winnie Mandela-rylaan te herdoop.

Volgens Brink sluit dit die geld in vir die advertering van die naamsverandering, die openbare deelnameproses, en die aankoop van nuwe naamborde wat aangebring moes word.

Hy sê dit kan dalk wees dat daar ander indirekte kostes is waarvan hy nie bewus is nie.

Die metro is gekritiseer omdat hy geld en tyd spandeer aan die herbenoeming van straatname, terwyl dienslewering in die stad in duie stort.

‘n Funksie is gister (26 September) gehou om amptelik die naam te verander. Dit sou wyle Winnie Mandela se 87ste verjaarsdag gewees het.

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het tydens ‘n toespraak gesê dat Mandela dalk nie meer met ons is nie, maar dat haar nageslagte altyd sal weet wie sy was, deur haar naam te sien in Sandton. Hy sê dit is ‘n goeie dag “omdat die name van mense wat nié die swart gemeenskap verteenwoordig het nie, vervang word met pragtige name soos die van Winnie Mandela.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Naamsverandering van William Nicol het “slegs R250 000” gekos


Luister nou

Volgende