18 November 2022
Die N1-deurpad by die Hexrivierpas bly gesluit nadat ‘n vragmotor met salpetersuur sy vrag oor die ryvlak gemors het.
Opruimingsaksies is sedert die vroeë oggendure aan die gang.
Die chemiese storting veroorsaak ‘n reuseprobleem vir verkeer in die streek aangesien die N1 dien as die hoofweg tussen Kaapstad en Johannesburg.
Salpetersuur is ‘n bytmiddel wat ‘n ernstige bedreiging vir mens en dier inhou.
Volgens plaaslike owerhede word goeie vordering gemaak met die opruimngsaksie waarby gespesialiseerde spanne en lede van die Kaapse Wynland-distriksbrandweerdienste by betrokke is.