‘n Wettige Belastingprotes


Luister nou

Volgende

‘n Wettige Belastingprotes

Nuuskommentaar: 29 September

Deur: Victor Correia 

Die afgelope tyd is daar al hoe meer stemme wat opgaan vir ‘n wettige belastingprotes. ‘n Wettige belastingprotes is nie ‘n poging om belasting te ontduik nie, maar ‘n poging om seker te maak dat belastinggeld regmatig aangewend word.

Dit is so dat ons as Christene ‘n plig het om belasting te betaal. Die Bybel sê immers dat ons die keiser moet betaal wat hom toekom. Die vraag kan wel gevra word of daar wel ‘n punt kom waar ons belastinggeld kan weerhou?

Dit blyk wel dat daar ‘n punt kom wanneer ‘n bepaalde gemeenskap se belange in stryd kan kom met ‘n sentralistiese staat se belange. In Spanje word Katalonië se strewe na onafhanklikheid met hul eie belastinggeld onderdruk. Dit het daartoe gelei dat verskeie Kataloniërs nie meer hul belastinggeld direk aan die Spaanse regering betaal nie, maar eerder aan die Katalaanse deelstaat. Hierdie geld word dan vanaf die Katalaanse deelstaat aan die Spaanse regering betaal. Hoewel hierdie gebaar net simbolies is, is dit uiters kragtig en versterk dit die Kataloniese strewe na onafhanklikheid. Hierdeur kry Kataloniërs dit reg om as ‘n gemeenskap belasting te betaal, maar ook as gemeenskap te praat met die Spaanse regering oor hul belange.

Die probleem met die sentralistiese staat is, dat die staat verkies om met individue te werk. Wanneer  SARS ‘n belastingaanslag op my as individu maak, help dit nie dat ek by SARS kla oor die slaggate in my straat nie. SARS het nie ‘n saak met die belange van gemeenskappe nie.

Uit die geskiedenis leer ons wel dat daar ‘n punt kom wanneer die belastingbetaler nie meer kan nie. Faktore wat aanleiding gee tot ‘n belastingprotes is nog altyd  hoë werkloosheid, hoë skuldvlakke, groot ongelykheid, hoë inflasie en hoë belastingvlakke. Al die faktore wat ‘n belastingprotes aanwys is aanwesig in Suid-Afrika.[1] Daar kom ‘n punt waar dit wat vereis word, nie meer opmeet teenoor dit wat mense kan gee nie. Waar selfs diegene wat belasting wil betaal, dit nie meer kan doen nie.

Die belastingprotes in Suid-Afrika is eintlik reeds aan die gang. Ons merk dit in die volgende op:

  • Mense se onwilligheid om TV lisensies te betaal vir kanale wat hulle nie kyk nie
  • Mense se onwilligheid om E-toll as ‘n ekstra belasting te betaal vir paaie wat reeds met hul belastinggeld gebou is
  • Die aantal belastingbetalers wat emigreer het of in die proses is om te emigreer.

Daar word nie hiermee gesê dat ons moet ophou om belasting te betaal nie, maar dat die omstandighede vir belastingbetalers al hoe moeiliker word. Hiermee moet die staat goed rekening hou. Hul moet besef dat baie van ons reeds onder groot finansiële druk verkeer en dat Covid ons finansieel en psigies geknak het.

Aan die ander kant moet ons besef dat ons nie reg in eie hande kan neem nie. Dit is nie nou die tyd om ‘n belastingrebel te wees nie, maar wel die tyd om as gemeenskap ons sê te sê.

In kort wil ons die volgende sê:

“Ons is moeg om die voorwerp van rassewetgewing te wees, terwyl die regering ons eie belastinggeld gebruik om agendas teen ons te bevorder. Ons is moeg om geld aan die SAPD te betaal, maar dan nog ook te moet opdok vir private veiligheidsdienste. Ons is besorg oor ons belastinggeld wat gebruik word om luukse motors te koop, terwyl ‘n groot deel van die land se inwoners kripeer van elende. Ons is moeg om te betaal vir vullisverwydering wat nie plaasvind nie. Ons het genoeg gehad om water te drink wat soos iets anders proe.”

“Ons versoek die regering om eerder belasting te verlig dat ons die geld wat ons hier kan spaar in ons besighede kan instoot, nuwe aanstellings kan maak en so die ekonomie kan help groei. Ons wil eerder berekende risiko’s neem met ons eie geld, as om dit oor te betaal vir ‘n regering wat onberekende risiko’s met belastingbetalers se geld neem.”


Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

‘n Wettige Belastingprotes


Luister nou

Volgende