Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

‘n Welkome slag vir Afrikaans

Nuuskommentaar: 27 September

Deur: Werner Human

Die Konstitusionele Hof het die week eenparig bevind dat UNISA se taalbeleid van 2016 ongrondwetlik is. Ingevolge dié taalbeleid word Afrikaans nie meer as ‘n inheemse taal beskou nie, en gevolglik UNISA se standpunt dat Afrikaans inderwaarheid uitheems is.

Van die staanspoor is dit duidelik dat hierdie beleid onsinnig en deurspek is met politiese vooroordele.

Die aanneming van die 2016 UNISA beleid was wel binne ‘n politieke konteks geneem, dit was in die tyd van studente onluste en geweld waar veral die EFF druk op die universiteitsbestuur-en-raad geplaas het om Afrikaans af te skaf. Dit,  omrede hul die bestaan van Afrikaans as ‘n ‘voortsetting van wit bevoorregting’ beskou het. UNISA het klaaglik misluk om die politiek van die feite te onderskei, en het die reeds in-die-knyp universiteit , ingegee op die politieke druk.

Deur al die politieke woelinge was daar uitnemende akademici van UNISA wat hul desnieteenstaande beywer het om opbouend te skryf oor die belangrikheid van Afrikaans en veeltaligheid in UNISA, wat uiteindelik nie ongesiens verbygegaan het nie. Dapper akademici van UNISA wat jare beywer het vir die behoud van Afrikaans het ‘n belangrike basis gelê het vir die bekwame regspan van AfriForum om die saak in die howe verder te voer.

Na bykans 5 jaar se regstryd, wat gevoer was te midde van talle ander sake oor Afrikaans wat verloor was, is hierdie saak uiteindelik deurgetrek.

Gedurende die 5 jaar, het die taalbeleide van die Universiteit van die Vrystaat en die Stellenbosch Universiteit ook voor die hof gedien, waar die hof ten gunste van die verengelsing beleide van dié universiteite bevind het.

Nietemin, die uitspraak bly waardevol omrede dit ‘n positiewe regspresedent skep wat bydra om ruimte en tyd vir Afrikaanse openbare onderwysinstellings te skep om verder voort te bestaan.

Regter Steven Majiedt wat namens die Konstitusionele Hof die uitspraak geskryf het – volledig in Afrikaans –  het 3 uitstaanpunte gemaak. Die eerste was in die algemeen dat Afrikaans durf nie in ‘n politieke luim ingekleur moet word nie. Hy het verwys na die diversiteit van haar sprekers en daarmee saam, het hy die gedagtegang dat Afrikaans gemarginaliseer moet word en uit openbare instellings moet verdwyn, heeltemal hok geslaan.

Verder en meer spesifiek op die feite van die saak gemik, het hy benadruk dat instellings wat oor Afrikaans besluit, vernaam op onderwysvlak, behoorlike regverdiging moet lewer indien daar ‘n verskrale aanbod oorweeg word.

Verder, dat die stryd om Afrikaans behoue te laat bly, in ons skole veral, nie beperk kan word tot regsoptrede alleen nie. Taalgemeenskappe moet self eienaarskap neem om ‘n volhoubare toekoms vir die land se tale te bou.

Die UNISA saak wys dat alle weë vir die behoud van Afrikaans aanhoudend en met mening gevoer moet word, ongeag of die uitkyk op sukses beroerd voorkom. Mens weet nooit wanneer jy ‘n slag kan slaan nie.

 Dit geld natuurlik vir ander brandpunte benewens Afrikaans as onderrigtaal ook.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende