My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

‘n Suksesvolle Hoop, Glo, Lééf Gholfdag bring die gemeenskap bymekaar

4 Oktober 2024

Die eerste Hoop, Glo, Lééf Gholfdag wat op 2 Oktober 2024 by Centurion Buiteklub plaasgevind het, was ‘n reuse sukses en daar is groot dank verskuldig aan almal wat betrokke was om van dié dag ‘n reuse sukses te maak!

Foodlovers Market was die hoofborg en het sonder huiwering aan boord gekom, so ook Fines4U wat die BBP-area geborg het. Halewood het gesorg vir verversings deur die loop van die dag en 1659-wyne het elke tafel bederf met ‘n heerlike bottel wyn! Love-Beloved was verantwoordelik vir die dekor tydens die aandfunksie en Elrize Alberts Bemarking het die veiling hanteer en het gesorg dat die items wat beskikbaar gestel is, teen die maksimum waarde verkoop word.

Die Hoop, Glo, Lééf Gholfdag is ‘n inisiatief van Pretoria FM en het ten doel om fondse in te samel vir gemeenskapsontwikkeling. Alle fondse word aan die nuutgestigte Hoop, Glo, Lééf-fonds geskenk om ons in staat te stel om ‘n aktiewe rol in die gemeenskap te speel. Hierdie inisiatief is daarop gemik om behoeftige individue en organisasies te ondersteun en ons gemeenskap te versterk.

Tydens dié gholfdag het Dewald Wilmans ‘n volmaakte kolhou geslaan op putjie nommer 8 en dié gelukskoot het vir groot vermaak gesorg tydens die verrigtinge!

Dit is vir Pretoria FM ‘n voorreg om met die borge geassosieer te word en daar is groot dank verskuldig aan al die putjieborge en spelers wat hulle harte en beursies oopgemaak het en Pretoria FM sal voortbou om die Hoop, Glo, Lééf Gholfdag ‘n jaarlikse instelling te maak.

Dank word uitgespreek teenoor XCO-Group vir die Pretoria FM-span se gholfhempies, vir die spelers se geskenksakkies en waterbottels.

Dankie aan die putjieborge, Foodlovers Market, Helpjag, Bosveld Charcoal, Raoul Capital, Boerboel Wear, Honda Tak-Centurion, Rebtech, Debt Rescue, Wanatu, Baytech Group, Eversolar, Bossenberg BB Nissan, asook G&tea!

Dankie aan almal wat pryse geskenk het, USN, Aquella, PVM, Irene Café, Pizzabrai, Bossenberg, Halewood, Qualito, Skin Renewal, 1659, Rentech, Bluebulls, Cosmo Industrial, Camp & Climb Centurion en Fines4U. ‘n Spesiale woord van dank aan Gerhard van Victorinox vir `n unieke Victornox horlosie wat opgeveil is deur Henico, van Elrize Alberts Bemarking.

Dankie aan Plectrum vir die vermaak tydens die aandfunksie en prysuitdeling, asook vir Àttsa vir die klank en toerusting. Carla Strauss, Just Mia, Cheralee en Pretoria FM se eie Dian van der Berg het die gaste vermaak tydens die aandfunksie. Dirk van der Westhuizen verdien ‘n spesiale vermelding vir sy uitstekende vertoning! Raak nou reeds betrokke en bespreek jou plek by volgende jaar se Hoop, Glo, Lééf Gholfdag deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected].

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende