Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

“My party sal nié Die Stem sing nié,” sê Carl Niehaus

6 Junie 2023

Carl Niehaus, die leier van die nuwe politieke party, die African Radical Economic Transformation Alliance (Areta) hou vol dat lede van sy party nié die Die Stem-gedeelte van die land se volkslied sal sing nie.

Hy het in ‘n plasing op sy Twitter-profiel gesê dat sy werkkomitee besluit het dat die gedeelte nié gesing gaan word nie “omdat dit rassisties van aard is.”

Volgens hom kom Die Stem uit die apartheidsera uit en “dus sal dit ‘n belediging vir alle Suid-Afrikaners wees wat geveg het vir vryheid, as dit gesing word.” Hy het ‘n beroep op sy lede gedoen om te gaan sit wanneer hierdie gedeelte gesing word.

Niehaus het Die Stem as “walglik rassisties” beskryf. Hy het gesê dat hy reeds van die begin af gekant was teen die insluiting van Die Stem in die Nasionale Volkslied en dat hy selfs openlik met oud-president Nelson Mandela daaroor verskil het.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende