Musk se Twitter aankoop dalk ‘n “publisteitsfoefie”


Luister nou

Volgende

Musk se Twitter aankoop dalk ‘n “publisteitsfoefie”

Nuuskommentaar: 5 Mei 2022

Deur: Victor Correia

Terwyl die oorlog tussen Rusland en Oekraïne steeds voortwoed, het Elon Musk (tans die wêreld se rykste man) besluit om Twitter te koop. By nadere ondersoek blyk dit meer as ‘n publisiteitsfoefie te wees.

Twitter het die afgelope tyd saam met baie ander sosiale media platforms nuus gemaak deur Donald Trump en ander konserwatiewe leiers van hul platforms verban het. Hierdeur is die beginsel van vryheid van spraak ‘n ernstige knou gegee. Dit blyk ook uit Twitter se aandeelprys dat die maatskappy steun begin verloor het. ‘n Aandeel wat laasjaar Februarie bo $70 per aandeel verhandel het, het in Maart 2022 tot $33 per aandeel gedaal.

Intussen het Donald Trump sy eie Sosiale Media platform Truth Social bekend gestel. Die platform is op die stadium net in die Verenigde State van Amerika beskikbaar.  

Terwyl Trump besluit het om sy eie sosiale media platform te skep, is Musk se strategie ietwat anders. Hy het na aanleiding van ‘n wenk van sy eie Twitter volgelinge besluit om Twitter te koop. Sou hy hierin kan slaag sou hy poog om die beginsel van vryheid van spraak te herstel deur die beherende aandeel in die maatskappy te neem.

Oor die algemeen behoort iemand soos Musk ‘n beter Twitter daar te kan stel as die huidige bestuur. Sy rekord spreek vanself. Musk is van oortuiging dat Twitter vandag die belangrikse publieke ruimte van die mensdom is.  

Nes ‘n monopolie in die terrein van die sakewêreld niks goed inhou vir die verbruiker nie, is groot monopolieë soos Twitter en Facebook sleg wanneer hul te nou in die Amerikaanse partypolitiek betrokke raak.

Dit is heldhaftig en selfs nou nodig dat Musk met sy geld die beginsel van vryheid van spraak probeer red, maar op die wyse word vryheid van spraak eintlik in gedrang gebring. Dit is immers nie deur oortuiging nie, maar deur geldmag waardeur Musk sou slaag om vryheid van spraak te red, indien wel.

Musk kan op die wyse ‘n regstelling maak in Twitter se beleid, maar waar laat dit ons as gemeenskap indien Afrikaners se vryheidsideaal in die toekoms deur groot sosiale media maatskappy in gedrang gebring kan word? Elke gemeenskap gaan immers nie Twitter kan oorkoop nie.

Afrikaners behoort ook ‘n gesonde debat tussen mekaar te hê sonder politiese sensorskap. Dit bly belangrik dat Afrikaners van verskillende politiese oortuiging met mekaar aanhou praat.

Afrikaners is vandag versprei oor die aarde. ‘n Eie sosiale netwerk wat Afrikaners wêreldwyd verbind kan sekerlik ‘n doel hê. Facebook het juis hierin ‘n rol gespeel om baie Afrikaners te verbind.

Nog baie meer as ‘n virtuele dorpsplein, benodig Afrikaners ook ‘n werklike dorpsplein. Probleme word allermins oor die internet uitgesorteer. Die een wat braaf tik is nie aldag die een wat ewe braaf praat nie. Waar ons egter saamleef, saamwerk, saamkerk kan ons op ‘n volwasse wyse ook mekaar beter hanteer.

Hoewel sosiale media vandag ‘n uiters kragtige middel is, is die krag van gemeenskap nog soveel meer. Eerder as om lang ure op sosiale media te bestee moet ons tyd belê in ons huwelikke, gesinne, skole, kerke en gemeenskappe. Dit is ook belangrik om te luister na ons kritici. Laat ons nie mekaar sensor nie, maar eerder tyd belê in die verhouding met ons medemens (ook die waarmee ons verskil).

Sit dan maar die selfoon neer en praat met jou eggenoot, kind, kollega wat by jou is. So bou ons saam lewenskragtige gemeenskappe wat oneindig meer is as die virtuele gemeenskappe wat vandag soos lewendehawe verhandel word en môre nie meer daar is nie.  

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Musk se Twitter aankoop dalk ‘n “publisteitsfoefie”


Luister nou

Volgende