7 Oktober 2021
Die LUR vir samewerkende regering in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka sê hy is geskok deur bewerings van ‘n sake-ontbyt ter waarde van R5-miljoen wat na bewering deur die Zululand Distriksmunisipaliteit aangebied is.
Hy sê sy departement ondersoek tans die beweerde ontbyt.
Hlomuka het aan eNCA gesê dat dié ontbyt, wat by die luukse Elangeni hotel in Durban gehou is, glo nie die raad se goedkeuring gehad het nie. Alhoewel dit deur die Zululand-munisipaliteit gereël is, is dit in die eThekwini-metro gehou.
Hlomuka sê hy het nog nooit gehoor van ‘n ontbyt wat waarskynlik R5-miljoen gekos het om aan te bied nie. Hy sê ‘n voorlopige verslag oor die ontbyt sal moontlik nog die maand openbaar gemaak word.
https://twitter.com/ZululandM/status/1440209540247482375
Stem vir die Aitsa’s