Multichoice moet afgedankte werknemer vergoed omdat hy nié teen Covid-19 ingeënt is nie


Luister nou

Volgende

Multichoice moet afgedankte werknemer vergoed omdat hy nié teen Covid-19 ingeënt is nie

19 Desember 2022

Multichoice is beveel om ‘n voormalige werknemer te vergoed nadat hy sy werk verloor het omdat hy gekies het om nie ingeënt te word teen Covid-19 nie.

Die maatskappy het Donaldson Mofokeng permanent ongeskik verklaar, na hy gevra het vir ‘n uitsondering vir die maatskappy se inentingsbeleid. Hy is sedert 3 Feburarie toegang tot die kantoorgebou geweier en aangesê om hom te laat toets vir Covid-19.

Hy het egter aangevoer dat hy nie die toets kon bekostig nie, waarna hy op 22 April afgedank is.

Die komissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA) het beslis dat sy afdanking onregverdig is, en dat daar nie bewyse is dat die inenting hom of sy kollegas sou beveilig teen Covid-19 nie.

Die KVBA het Multichoice beveel om agt maande se salaris van R104 150 aan Mofokeng te betaal.

Multichoice het die beslissing op hersiening geneem.

Foto: TV met Tinus

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Multichoice moet afgedankte werknemer vergoed omdat hy nié teen Covid-19 ingeënt is nie


Luister nou

Volgende