20 September 2024
‘n Muis – wat uit ‘n passasier se maaltyd gekruip het – het ‘n vlug van die Skandanawiese Lugdiens, SAS gedwing om ‘n ongeskeduleerde landing te maak.
Die voorval het tydens Woensdag se vlug vanaf Oslo na Malaga plaasgevind, wat die vliegtuig gedwing het om in Kopenhagen te land.
Lugrederye verbied gewoonlik knaagdiere aan boord, omdat die diere deur elektriese bedrading van die vliegtuig kan kou.
Die nuusdiens AFP berig ’n woordvoerder van SAS, Oystein Schmidt, sê dat daar ’n vliegtuigwisseling plaasgevind het en die passasiers met ’n ander vlug na Malaga geneem is.
Die voorval is volgens hom ook iets wat uiters selde gebeur.