6 Desember 2021
Die selfoondiensverskaffer, MTN het nou die jongste maatskappy in Suid-Afrika geword, wat sy werknemers gaan verplig om teen Covid-19 ingeënt te word.
MTN het in ‘n verklaring gesê dat werknemers, wat die inenting sonder ‘n geldige verskoning weier sál afgedank word. Dié verpligting tree Januarie in werking.
Die maatskappy se uitvoerende hoof, Ralph Mupita sê wanneer daar na die wetenskap en navorsing gekyk word, is dit duidelik dat die inenting ernstige siekte, hospitalisering en sterftes voorkom.
Hy meen as ‘n werkgewer is dit hul verantwoordelikheid om toe te sien dat sy werksplekke ‘n veilige omgewing is vir al sy personeel. Volgens Mupita besef die maatskappy dat nie al sy werknemers dieselfde toegang tot die entstof het nie, daarom kan die tuiswerk-opsie in sekere omstandighede moontlik wees.