Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

MRK spreek onderwyseres vry, vier jaar ná foto-herrie

19 Januarie 2023

Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se kwytskelding van Elana Barkhuizen – sowel as die sterk veroordeling van die optrede van Noordwes se voormalige LUR vir onderwys, Sello Lehari – verwelkom.

Barkhuizen – wat voorheen ‘n onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke was – is in 2019 in die kollig gewerp nadat ’n foto, waarop vier swart en agtien wit leerders wat by aparte tafels in ’n klaskamer sit, wyd versprei is.

Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, Dr. Dirk Hermann, dui die MRK se verslag daarop dat Lehari skuldig is aan die skending van Barkhuizen se reg op privaatheid, haar regte op behoorlike proses, veiligheid, vryheid van beweging en assosiasie, en boonop het hy haar menswaardigheid gekrenk.

“Barkhuizen en haar gesin is selfs gedwing om te verhuis weens ernstige kommer oor hul veiligheid nadat Lehari haar naam in die openbaar blootgelê het,” sê Hermann.

Die jongste verslag van die kommissie het ondermeer bevind dat alle bewerings – dat Barkhuizen óf die skool onbillik teen leerders gediskrimineer het – nie deur feite gestaaf word nie.

Foto: Argief

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende