4 April 2024
Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie het bevind dat die liggaamlike deursoeking – asook die deursoek van huishulpe en tuinpersoneel se sakke by Johannesburg se Eagle Canyon-gholflandgoed – ongrondwetlik is.
Die uitspraak kom nadat ‘n huiseienaar ‘n klag hieroor by die MRK ingedien het, waarin aangevoer is dat dié optrede ook “rassisities is en op vreemdelingehaat neerkom”.
In sy bevinding sê die MRK dat dié optrede – deur privaat veiligheidsmaatskappye – inbreuk maak op personeel se reg op waardigheid, gelykheid en privaatheid.
Die Hoofstuk 9-instelling het die luukse landgoed se huiseienaarsvereniging opdrag gegee om die praktyk te staak – ten spyte van ‘n kennisgewing by die hek wat besoekers waarsku dat hulle deursoek kan word.