Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

MRK sê hul het reeds gelykheidshof genader oor Malema

12 Januarie 2022

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die MRK, sê hulle het reeds ‘n saak by die gelykheidshof teen die leier van die EFF, Julius Malema, ingedien. 

AfriForum het vroeër vandeesweek geëis dat die MRK antwoorde moet verskaf oor hul beloofde regsaksie teen Malema nadat hy versuim het om verskoning te vra vir haatspraak. 

LEES OOK: AFRIFORUM EIS ANTWOORDE OOR VORDERING IN SAAK TEEN MALEMA

AfriForum én lede van die publiek het verlede jaar klagtes by die MRK ingedien oor uitlatings wat Malema gemaak het tydens ’n EFF-vergadering in die Wes-Kaap.

Die MRK het aan Malema skriftelik kennis gegee om die stellings, wat die MRK bevind haatspraak en aanhitsing tot geweld is, terug te trek en om verskoning te vra. 

Volgens die MRK is die hofaansoek teen Malema in Desember ingedien. Die kommissie wag tans vir terugvoering van die gelykheidshof, wat tans in reses is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende