15 November 2021
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) sê president Cyril Ramaphosa en die polisieminister, Bheki Cele sal binnekort moet kom getuig oor die onluste wat in Julie vanjaar in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het.
Die MRK het vanoggend met sy ondersoek begin na die gebeure. Meer as 300 mense is dood en miljarde-rand skade aangerig. Die MRK sê hy sal onder meer kyk na die oorsaak van die onluste, beweerde rassistiese aanvalle wat voorgekom het en die gebrek aan polisiëring.
Die voorsitter van die kommissie, prof. André Gaum het aan Netwerk 24 gesê dat die MRK se regspan reeds beide die president en die minister ingelig het dat hulle sal moet getuig.
Die regering hou vol dat die onluste vooraf fyn beplan is.
Die MRK se ondersoek sal tot 3 Desember duur.
#SAHRCJulyUnrestHearing Next witness is Siphosethu Msiya pic.twitter.com/aW6D3atvYT
— SAHRCommission (@SAHRCommission) November 15, 2021
Stem vir die Aitsa’s