23 November 2022
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het besluit om die EFF-leier Julius Malema voor die Gelykheidshof te daag oor sy uitlatings wat hy gemaak het tydens ‘n EFF byeenkoms in die Wes-Kaap.
Die MRK het Malema op 8 November 10 dae gegee om verskoning te vra vir sy uitlatings. Hy het onder meer gesê dat mense nie moet huiwer om te skiet nie, en dat dit deel van die revolusionêre proses is.
Malema het gesê hy sal nie om verskoning vra nie.
Die kommissie sal nou ‘n dringende aansoek indien om ‘n interdik te bekom, om Malema te verhoed om die uitsprake te maak.