15 November 2021
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) sal vandag begin met sy openbare verhore oor die onluste wat in Julie vanjaar plaasgevind het in KwaZulu-Natal en Gauteng.
Meer as 300 mense is dood en miljarde rand se skade is aangerig in die onluste.
LEES OOK: ONGEVEER R20-MILJARD SE SKADE AANGERIG WEENS ONLUSTE
Die MRK sê hy sal ondermeer kyk na die oorsaak van die onluste, beweerde rassistiese aanvalle, en die gebrek aan polisiëring.
Die regering hou vol dat die onluste fyn beplan was.
Die MRK se ondersoek sal tot 3 Desember duur.
LEES OOK: SVA WIL NÓG NIE MEER OOR ONLUSTE SÊ NIE
Stem vir die Aitsa’s