Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

“Mpumalanga-plaasmoord beklemtoon opnuut die nood vir beter samewerking”

26 September 2022

Die VF Plus sê die grumoord op die 52-jarige Gideon Swart op sy plaas net buite Emgwenya/Waterval Boven in die Emakhazeni-plaaslike munisipaliteit dien as bewys dat plaasgeweld nog steeds nie ‘n prioriteit vir die owerhede is nie.

Swart se liggaam is Vrydag gevind met steekwonde aan sy rug en maag en ’n gordel om sy enkels. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli, is ’n saak van moord geopen en ’n soektog na die moordenaar is van stapel gestuur.

Die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, Werner Weber sê die party het ná die voorval ’n versoek aan die plaaslike LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, gerig om samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe te prioritiseer.

Weber meen dit is broodnodig dat owerhede direk met die plaasgemeenskappe saamwerk, veral aangesien hierdie slagoffers gewoonlik afgeleë leef.

Die party het ook versoek dat nabygeleë polisiekantore die plase in hul omgewing moet patrolleer, nie net om sigbare polisiëring toe te pas nie, maar ook om gereeld by plaaseienaars besoek af te lê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende