Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Motoriste opnuut gewaarsku oor skerp voorwerpe in paaie

12 Mei 2021

Wetstoepassers in dele van Gauteng het opnuut gewaarsku oor skerp voorwerpe wat voor motors in paaie gegooi word in ‘n poging om motoriste te dwing om stil te hou.

Dié misdaad-tegniek het weer aan die lig gekom nadat die gemeenskapspolisiëringsforum in Lyttleton in Pretoria die brandpunte bekend gemaak het.

Volgens die GPF word skerp voorwerpe in die paaie versteek met die doel om motorbande te bars en motoriste dan gedwing word om uit te klim.

Die voorsitter van die GPF, Hugo Erasmus sê dikwels word groot klippe of ander voorwerpe ook in paaie geplaas.

Hy het ‘n beroep op motoriste gedoen om enige gevalle onmiddellik by die polisie of die plaaslike GPF aan te meld.

Erasmus het motoriste geraadpleeg om so ver moontlik te ry en dan te stop indien hulle ‘n slagoffer van hierdie misdaad-tegniek geword het.

Die brandpunte en tye (wanneer voorvalle dikwels aangemeld word) sluit in:

Die N4 van Pretoria na Witbank:

  • Donkerhoek Plaza (19:00 – 04:00)
  • Solomon Mahlangu-wisselaar (23:00 – 04:00)
  • Proefplaas-wisselaar (19:00 – 04:00)

Die N4 Brits:

  • M17 by die Garankua brug (23:00 – 04:00)
  • R101 by die ou Warmbad-pad (03:00)
  • R80 Hercules – Soshanguve (geen spesifieke tyd)

N1 Noord en Suid:

  • Pumulani by Walmansthal (geen spesifieke tyd)

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende