“Motoriste ‘n rat voor die oë gedraai oor e-tolstelsel se toekoms”


Luister nou

Volgende

“Motoriste ‘n rat voor die oë gedraai oor e-tolstelsel se toekoms”

27 Julie 2023

Die DA sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het inwoners van dié provinsie mislei deur die etol-kontrak met nóg ses maande te verleng. 

Volgens die DA was inwoners onder die indruk dat die e-tolstelsel geskrap is, maar weens die verlenging sal hulle nog tot minstens Desember vanjaar daarvoor moet betaal.

LEES OOK: NOG GÉÉN VORDERING MET OMSTREDE E-TOLSTELSEL NIE

Die DA se skadu-LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, Fred Nel sê inwoners van die provinsie, maar ook alle Suid-Afrikaners, sukkel reeds om kop bo water te hou, weens hoë lewenskostes en dat die e-tolstelsel dit vererger.

“Lesufi gebruik e-tol as ‘n verkiesingsinstrument om stemme vir volgende jaar se nasionale verkiesings te werf, terwyl hy glad nie besorgd is oor die uitwerking daarvan op mense se alledaagse lewens nie.” Volgens Nel het Lesufi geen planne oor e-tol se toekoms nie.

Hy meen Lesufi kies om eerder stil te bly oor die kwessie, eerder as om opposisiepartye en ander rolspelers te nader om met ‘n praktiese, werkbare plan vorendag te kom.

LEES OOK: GEBRUIKERS MOET STÉÉDS E-TOL BETAAL, SÊ MINISTER

“Die DA het ‘n skrywe oor die e-tolstelsel aan die LUR vir paaie en vervoer, Kedibone Diale gerig waarin die party antwoorde eis oor die stelsel se toekoms asook hoe die skuld daarvoor afbetaal gaan word.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

“Motoriste ‘n rat voor die oë gedraai oor e-tolstelsel se toekoms”


Luister nou

Volgende