1 September 2021
‘n Motoris, wat daarvan beskuldig word dat hy die afgelope naweek ‘n Johannesburgse Metropolisiebeampte aangerand het, is op borgtog van R500 vrygelaat.
Volgens die beampte het sy die 25-jarige motoris Saterdagaand omstreeks 22:00 in sy Volkswagen Jetta in die Selby-omgewing opgemerk. Sy meen hy het roekeloos bestuur en ‘n rooi verkeerslig verontagsaam. Volgens haar, wat slegs as senior superintendent Masuku geïdentifiseer wil word, het die motoris versuim om te stop, waarna sy hom agterna gesit het.
LEES OOK: MOTORIS VASGETREK NÁ HY GLO METROPOLISIEBEAMPTE AANRAND
Ná ‘n jaagtog het hy gestop, maar glo begin om haar aan te rand.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane sê die motoris staar aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig.
Volgens berigte het die man glo die beampte opgetel en haar op die grond neergegooi, waarna hy haar in haar gesig geskop het. Masuku sterk tans by die huis aan met beserings aan haar kop, in haar gesig, linkeroog en regte skouer.
Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.
Hou Afrikaans op die lug