13 Desember 2022
‘n Nieu-Seelandse man se 1993 Toyota Corolla se ritmeter het vroeër vanjaar die 2-miljoen merk verbysteek.
Die koerant afleweringskontrakteur, Graeme Hebley (72) het in 2000 die motor in Japan gekoop met 80 000 kilometer op die klok.
Hebley het in Maart, toe dié mylpaal bereik is gesê dat daar nog nie probleme met sy motor is nie, en meen dit sal nog “vir ewig” kan ry. Hy lewer al sedert 1968 koerante af en het sy Corolla vir dié werk gebruik, wat kan verduidelik die groeiende ritmeter.
Volgens Hebley reis hy sowat 5000 kilometer per week.
Hy sê sy motor het steeds sy oorspronklike enjin en word elke twee weke versien.
Foto: Bevan Conley/ NZ Herald