21 Desember 2022
‘n Gewilde strand onder vakansiegangers by Mosselbaai is gesluit nadat vier walvisse uitgespoel het.
Volgens die Mosselbaai-plaaslike munisipaliteit het drie volwasse- en een jong dwerg-spermwalvis by Diasstrand uitgespoel.
Hoewel alle moonlike pogings aangewend is om die diere te probeer red, het twee van natuurlike oorsake gevrek en moes die ander twee van kant gemaak word.
Die strand sal vir ‘n paar dae gesluit bly weens verhoogde haai-aktiwiteit wat in die omgewing verwag word.
‘n Span van die departement van bosbou, visserye en die omgewing sal na verwagting na-doodse ondersoeke op die karkasse uitvoer waarna dit begrawe sal word.
Foto: Caxton Newspapers.