Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Mosie oor Malema eersdaags in Vlaamse parlement gedebatteer

Deur: James Kemp

’n Mosie oor die skending van Afrikaners se regte en die noodsaak van internasionale steun gaan eersdaags in die Vlaamse parlement gedebatteer word. Dié mosie is ingedien deur Kristof Slagmulder van die politieke party Vlaams Belang.

Die voorblad van die mosie wat by die Vlaamse parlement ingedien is.

Slagmulder voer in die mosie aan dat Vlaminge se verbintenis met die Afrikanergemeenskap terugdateer na die 17de eeu en dat die gedeelde geskiedenis nie net ’n band van solidariteit skep nie, maar ook ’n verantwoordelikheid met betrekking tot die bestaande uitdagings wat Afrikaners ervaar. Slagmulder sê dit sluit in plaasmoorde, die marginalisering van die Afrikaanse taal en die bedreiging van Afrikanerkultuurgoedere.

Die mosie verwys ook na die “opruiende en rassistiese” uitlatings van die EFF-leier, Julius Malema, en spesifiek die geleentheid op 29 Julie 2023 toe hy “Kill the boer, kill the farmer” gesing het.

In die mosie vra Slagmulder onder meer dat daar ondersoek ingestel word na die stand van menseregte van Afrikaners, dat Vlaandere en Nederland ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering doen vir die beskerming van Afrikaners se taal en kultuur, dat regsekerheid oor eiendomsreg verkry word, en ’n einde gemaak word aan die “straffeloosheid van Malema.”

Slagmulder vra ook dat daar amptelike gesprekke met die Afrikanergemeenskap aangeknoop word en dat die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika verslag doen oor die stand van sake in die land.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende