26 Augustus 2024
Een man is dood en nog een beseer in ‘n ontploffing by ‘n voormalige militêre opleidingsterrein by Avalon, in Mpumalanga.
Volgens die polisie wil dit voorkom asof die twee mans met ‘n mortier gepeuter het terwyl hulle besig was om skrootmetaal te herwin.
Die polisie se kolonel Donald Mdhluli sê ‘n 40-jarige man is dood terwyl ‘n 44-jarige ernstige beserings opgedoen het. ‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi het lede van die publiek gewaarsku om nie met vreemde voorwerpe te peuter nie.