27 Mei 2022
Die 71-jarige Amerikaanse romanskrywer, Nancy Crampton Brophy, van Portland Oregon wat onder meer ‘n blog met die titel How to kill your husband geskryf het, is vandeesweek skuldig bevind aan die moord op haar man.
Sy het ook die boekreeks Wrong never felt so right geskryf wat die titels, Wrong husband en Wrong lover insluit.
Gedurende haar hofsaak het die staatsaanklaer gesê dat Brophy finansieel in die knyp was toe sy haar man, wat ten tyde van sy dood in Junie 2018 63-jaar oud was, twee keer geskiet het by die kulinêre instituut waar hy gewerk het.
Brophy het egter aangevoer dat sy op die toneel was en ‘n vuurwapen aangekoop het vir navorsing doeleindes vir haar volgende roman.
Brophy staan tereg op moord en kan moontlik lewenslank tronk toe gestuur word. Sy sal egter eers in ‘n latere stadium gevonnis word. Haar prokureur beplan om die skuldigbevinding te appelleer.