Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Moord neem vir 2de agtereenvolgende kwartaal af

17 November 2023

Moord het vir die tweede agtereenvolgende kwartaal in Suid-Afrika afgeneem. 

Die minister van polisie, Bheki Cele het vroeër vandag die misdaadstatistiek vir die tydperk van 1 Julie tot 30 September 2023 bekend gemaak. Hy sê al toon moord ‘n afname van 0,8%, moet dit steeds nie gevier word nie omdat een moord, een moord te veel is. 

6 945 mense is volgens Cele in dié drie maande vermoor. 881 was vroue, 293 is kinders terwyl 35 polisiebeamptes vermoor is. Cele sê KwaZulu-Natal, Limpopo, Oos-Kaap en die Noord-Kaap het ‘n afname getoon terwyl moord in die vyf ander provinsies gestyg het.

Daar is weer nie spesiale melding van plaasaanvalle en plaasmoorde gemaak nie.

Seksuele verwante misdade het in die tydperk met 35,9% afgeneem, asook verkragting wat met 0,7% afgeneem het. Van Julie tot September is 10 516 mense verkrag.

“Die reuse agterstand is DNS-uitslae van 240 000 is ook nou ingehaal.”

Wat van die ander misdade betref was daar 5,3% minder ingebreek by besigheidskomplekse. Huisrooftogte het met 5,9% afgeneem, terwyl daar 3,5% minder motors en motorfietse gesteel is. Veediefstal toon ‘n afname van 5,5%.

Kaping van motors het met 2,3% afgeneem, terwyl die kaping van vragmotors met 3,4% afgeneem het.

Hy sê 10 000 jong polisiebeamptes sal op 15 Desember amptelik hulle polisie-opleiding voltooi het, wat beteken dat daar genoeg bykomende polisiebeamptes is om die feestyd diens te doen.

“Suid-Afrikaners kan rustig slaap met die wete dat die polisie op ‘n hoë gereedheidsgrondslag is.”

https://twitter.com/SAPoliceService/status/1725460068332667200

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Ander Nuus Artikels

NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings
WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende