Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Moontlike lig aan die einde van die tonnel vir Ster Kinekor

1 Maart 2022

Die bioskoopmaatskappy, Sterk Kinekor het ‘n aanbod van R250-miljoen gekry by die maatskappye, Blantyre Capital en Greenpoint Capital om sy bedrwyighede oor te neem en om uit sakeredding te kom. 

Business Tech berig dat luidens die aanbod sal die twee maatskappye toekomstige aktiwiteite borg en ook sy sakereddingsonderhandelings oorneem.

As deel van die onderhandelinge sal Ster Kinekor se aandele van bestaande aandeelhouers oorgeplaas word na die maatskappye, wat beteken dat hulle volledige eienaarskap sal hê. 

Ster Kinekor se sakeredder, Stefan Smyth sê die aanbod maak dit vir die maatskappy moontlik om op die eenvoudigste manier moontlik uit sakeredding te kom en om finansieel te herstel. 

Hy sê die krediteure moet eers stem vir dié aanbod.

Ster Kinekor is aan die einde van Januarie 2021 in sakeredding geplaas te midde van die Covid-19-pandemie en die Covid-19-regulasies wat rolprentteaters beperk het.

Die maatskappy sê tot en met Februarie 2020 het hy wins getoon, maar toe tref die Covid-19-pandemie die land.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende