16 Mei 2024
Die voormalige adjunkpresident en speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, het kiesers gewaarsku om nie verwar te word met embleme en vir die nuutgestigte uMkhonto weSizwe-party te stem nie.
Mbete is een van die ANC-swaargewigte wat ontplooi is as deel van sy werwingsveldtogte in aanloop tot die komende verkiesing.
Sy het tydens ‘n deur-tot-deur-veldtog in Palm Ridge – in Ekurhuleni – gesê dat die “MK-party gestig is deur ‘n man wat mal geword het.”
Mbete het verwys na oudpresident Jacob Zuma – met wie sy nou saamgewerk het toe sy tussen 2007 en 2017 as een van die ANC se topses gedien het. Volgens haar het sy nooit Zuma beskerm nie, en is hulle nie vriende nie.
In dié tydperk was Mbete daarvoor bekend dat sy laer getrek het om Zuma toe die EFF daarop aangedring het dat hy geld moet terugbetaal vir opgraderings aan sy Nkandla-woning.
Foto: The Mail & Guardian