27 Julie 2023
Die departement van korrektiewe dienste waarsku dat mense wat uniforms van gevangenes of tronkbewaarders in TikTok-video’s dra, tot 18 maande gevangenisstraf opgelê kan word.
Die waarskuwing volg op onlangse videos op sosiale media waar mense nagemaakte uniforms dra.
Volgens die woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo, is dié praktyk onder geen omstandighede aanvaarbaar nie.
Hy voer aan dat die Wet op Korrektiewe Dienste bepaal dat geen ongemagtigde persoon die departementele drag of kenteken van die departement of ‘n bewaringsbeampte mag dra of gebruik nie.
“Gegewe die tye waarin ons leef, waar talle mense inhoud op sosiale media skep, is dit asof daar ‘n toename is in mense wat uniforms dra.”
