Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Moedertaalonderrig se rol in leesvaardighede moet nié onderskat word nie”

26 Augustus 2024

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die SAOU sê hy ondersteun die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube se boodskap dat daar groter klem gelê moet word op moedertaalonderrig. 

Gwarube het in ‘n toespraak aan die Kievet-leespaneel in Johannesburg die verskille in die onderwyssektor, waar leerders nie in hul moedertaal onderrig word nie, uitgelig.

Die uitvoerende hoof van die SAOU, Paul Sauer sê navorsing toon dat leerders wat tot op negejarige ouderdom in hul moedertaal onderrig word, beter vaar as dit kom by die verwerking van kennis.

Hy meen leesresultate kan nie net verbeter word deur bykomende druk op onderwysers in die Grondslagfase te plaas nie. Sauer sê leerders kom nie vir die eerste keer met taal in aanraking wanneer hulle graad R betree nie, en moet teen die ouderdom van ses reeds die herkenning van klanke bemeester.

Hy sê dit is belangrik dat kinderboeke en -stories in alle tale beskikbaar is om moedertaalstimulasie van jongs aan te moedig. Volgens Sauer moet ouers se rol in moedertaalonderrig en leesvaardighede nie onderskat nie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende