26 September 2023
Sowat 15 000 huishoudings is steeds sonder krag te midde van die stormskade wat in die Wes-Kaap aangerig is.
Eskom het in ‘n verklaring gesê dat hulle alles in hulle vermoë doen om die kragtoevoer te herstel. Ook talle paaie is steeds gesluit, hoewel die R60-pad tussen Robertson en Worcester weer oopgestel is.

Die aktrise en aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou, Marciel Hopkins het foto’s gedeel van die chalet waarin sy die afgelope naweek gebly het by die MontMartre Chalets & Venue in Franschhoek. Sy sê die modderstorting uit die berg het dwarsdeur elke huisie én die trou venue gebreek.
Die eienaars van die perseel het op hulle Facebook-blad gesê dat hulle groot skade gelei het.
Agt mense is intussen doodgeskok te midde van stormweer wat die Wes-Kaap die afgelope naweek getref het.
Volgens ‘n woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuursentrum, Charlotte Powell wil dit voorkom asof onwettige elektrisiteitsaansluitings tot die agt mense se dood gelei het.
Vier van die slagoffers is in die Covid-19-plakkerskamp doodgeskok en die ander vier in die Klipfontein-gebied.
Oorstromings het verskeie informele nedersettings in die metroraad geraak met ‘n voorlopige aanduiding dat nagenoeg ‘n duisend wonings ernstige skade opgedoen het.
Noodlenigingswerk duur voort en ‘n aantal nie-regeringsorganisasies is ook by dié uitreikaksie betrek.